Resep: Malva tuis gemaak!

Die winter seisoen is hier en tog is ons almal op soek na iets soet en om ons maagies te vul reg?
Ek eksperimenteer gereeld in die kombuis en het oor ‘n wonderlike Malva nagereg resep af gekom. Ek will dit graag met julle deel. Dit is eintlik baie maklik en verbasend baie goedkoop.

Bestandele: Poeding ♡
30ml (2T) Botter / Marg
125ml  Suiker
1 Ekstra groot eier
15ml (1T) appelkooskonfyt
5 ml (1 t) Koeksoda
125ml (½C) Melk
250ml (1C) koekmeel
knippie sout
15 ml (1T) asyn

Sous:
125g botter / Marg
185ml (¾C) Suiker
65ml (¼C) Water
185 ml (¾C) Room
5ml (1t) vanieljegeursel

METODE: Poeding
Room botter en suiker saam,
klop die eier tot lig en donsig. Klits die appelkooskonfyt in. Laat die koeksoda in die melk en meng die twee. Sif die meel en sout saam en voeg by die geroomde
mengsel met die meel mengsem. Meng die melk en koeksoda mengsel in. Laastens roer in die asyn in.
Gooi in ‘n diep ronde bak oor
19cm deursnee.

Opsionele
Bedek die bak met ‘n deksel of
foelie en bak dan vir 1 uur by 180 ° C.
Sous
Bring die  botter, suiker en water tot kookpunt, roer vir 2 minute. Verwyder van die stoof en voeg dan die room en die vanieljegeur by. Gooi
oor die warm gebakte poeding.

Bedien met vla en geniet die soet en warme sensasie.
Ek hoop julle geniet hierdie resep!!!  Voel vry om julle terugvoering en foto’s te deel.

Stay warm liefies!

Where there is a will there’s a way. ♡

Advertisements

One thought on “Resep: Malva tuis gemaak!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s